01-12-05

Suid-Afrikaans

Gegroet beste lesers! Na enkele dae van "relatiewe" druk (kom ons wees maar eerlik, daars mense wat dit baie moeiliker het as ek) meld ek my weer aan die skryffront. En nie sommer in Nederlands nie, nee vandag doen ek dit in Suid-Afrikaans. Naas Nederlands, Engels, Duits, Frans en 'n paar woorde Spaans praat ek ook vlot Afrikaans. Dit kan ook moontlik te doen hê met die vertalings vaardighede van my vriend Kobus, 'n volbloed Afrikaner wat laas jaar by my op kot gewoon het.

Die laaste 2 posts was joernalistiek stukke, en ek weet dat julle liewer die smeerlappery van my privaat lewe wil hoor, maar ek het ongelukkig nie tyd om myself in 'n onderwerp te verander nie. Daar is uiteraard 'n goeie rede hoekom ek so besig was. Heelwat skoolwerk, artikels skryf oor ietsie van alles en dan nog. Maandag het ek 'n onderhoud gehad vir 'n internskap by P-Magazine waarvoor ek nog 3 items moes uitwerk. Dit was 'n sukses, en vanaf die einde Maart sal julle my naam gereeld onder sommige stukke in P-Magazine sien :-). Nice mense daar dink ek, 'n vriendelike Eindredakteur / Internskaps Koördineerder, ontspanne kontakte en 'n hoop vryheid met die moontlikheid om self initiatief te neem.

Snaakse mense daar in Antwerpen op straat... Terwyl ek rustig oppad was na die redaksie, kom daar 'n gesellige knaap dood gelukkig langs my wandel. Die volgende 5 minute vertel hy my dat hy al vir meer as 'n jaar van die OCMW lewe, omdat hy al 'n jaar lank met sy rug sukkel, dat hy in Herentals woon, dat hy nie eintlik seker is waar presies ek moet wees nie, dat scooters heeltemal teveel rumoer deesdae, dat dit 'n koue winter is hierdie jaar, ens...

My hartelike dank aan Kobus vir sy uitmuntende vertaling (ag dankie Jan, dis 'n moerse plesier - *nota van Kobus). Tog 'n Heerlike taal, daai Afrikaans.
Hieronder 'n paar aanhalings uit een van ons aanlyn gesprekke:

* sweet man, studeer is lekker. werk suig
* kannie teveel kla nie
* het nie 'n vinnige connection nie :(
* soos doos

Tot volgende keer! Groete Jan & Kobus



15:30 Gepost door Jan | Permalink | Commentaren (3) |  Facebook |

Commentaren

Skitterend! Zelfs in het Zuid-Afrikaans is je werk zeer te pruimen!
En jeuj: ek is nie de enige Banabees nie in Antwerpen!

Gepost door: Inneke | 01-12-05

!!! Chk chk chk.
Leuk. Echt leuk dat Afrikaans! :-)

Gepost door: Charlotte | 02-12-05

uhu idd leuk die taal, en nog leuker: die cover mee elise erop :-p wa een moordwijf is me da zeg :-p pakt daar eens een interview van volgend jaar ;-)

Gepost door: joppe | 04-12-05

De commentaren zijn gesloten.